jump to navigation

Dit was ‘n lang trip gewees… October 4, 2006

Posted by Cobus in Emerging Church.
trackback

Hierdie is vir die van julle wat gesê het ek moet dit publish, en vir jou. Thanx dat ek maar net myself kan wees by julle.

Dit was ‘n lang trippie tussen 10 en 12 in die aand. Ons het oor mense gesels, stories gedeel, en oor God probeer praat. Ek weereens te veel, en jy te min. Ek sou nooit die stories kon match van ander nie, daar was nie regtig stories van wonderwerke (op die manier wat baie ander daaraan wil dink) of engele wat skielik eendag voor my kar kom staan het nie. Eintlik kon ek maar net vertel dat ek partymaal twyfel, dat ek dinge nie verstaan nie, en dat ek worstel om sin te maak van my eie geloofsverhouding.   Ek kom uit ‘n tyd waar ek altyd ervaar het dat die taak van “geestelike leiers” is om die toue bymekaar te trek, om die antwoorde te verskaf, om ‘n sterk geestelike pilaar te wees waaraan ander kan kom vashou. Om te glo was om nie te twyfel nie, of so het ek altyd ervaar moet dit wees. Om te twyfel was about die ergste sonde denkbaar – darem nog nie so erg soos homoseksualiteit nieJou vraag twee dae later, ek wens die hele wêreld kon dit hoor. “Sou julle nie actually beter dominees kon wees as mense weet julle twyfel ook nie?” Ja, ja, ja! ‘n Honderd maal ja. Maar ek weet nie hoe lank ons nog gaan dominees wees as mense weet dat ons ook maar twyfel nie. Soos ‘n baie goeie vriend van my so ruk terug vir my sê: Hy kan eintlik maar skryf wat hy wil, maar jy, sê hy toe vir my, moet mooi dink, want as mense dit lees kan dit nogals redelik teen jou tel. Ja, want ek wil eendag in die kerk werk. So ek is ‘n mede-worstelaar, mede-twyfelaar. Hier is dit op skrif vir al die geslagte wat kom. Maar ek weet nogteeds nie of ek dit moet publish nie…

Advertisements

Comments»

1. Aldi - October 7, 2006

Ek dink daar word soms te veel gemaak van onwrikbare geloof, te min van hoop. Dis goed om te twyfel, gereeld te twyfel, sodat ons gedwing word om meer te hoop. As mense meer staatmaak op hoop, sal hulle dalk sekerder moet maak waarvoor hulle hoop. En as ons weet waarvoor ons hoop, sal dit ons nie aanspoor om so te lewe dat dit waarvoor ons hoop ‘n werklikheid word nie?

2. cobus - October 10, 2006

‘n Ander ding wat my nogals gehelp het om sin te maak van hierdie ervaring, was Julian Muller wat in sy boek “Opstanding” onderskei tussen “geloof” en “die begeerte om te glo”. Wat beteken dit as iemand sê “ek wil graag glo, maar ek sukkel partymaal”. En het ons dit nie op ‘n manier ‘n paar trappies laer gemaak as wanneer iemand claim dat “ek glo onwrikbaar seker” nie?

3. (s)he said … “godsdienstig maar ek glo nie” « Emerging South Africa - November 13, 2006

[…] So, if I knew beforehand? Well, I still don’t know. I would have hoped that you would read this post of a while ago. I would have wanted to say “join the club”. Where all strugglers. And as for religion. There is a quote I would like to quote, but I don’t have it with me. But I dream of a community which is not an insiders club, but a genuine community. Where people are allowed to be strugglers. Where stories of faith isn’t simply “witnessing” and stories of doubt “confessing”, but where all our stories form part of being community. And where both our stories of faith and of doubt will be part of the community, part of the road less travelled, where we believe that religion can look different, and maybe it will be easier to hold on in times of doubt. I believe that this will be a road less travelled, but this is what I wish for. […]


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: