jump to navigation

Verbeel jouself… September 18, 2006

Posted by Cobus in Journal.
trackback

Ek’s jammer daar is niks gepost die laaste 2 weke of so nie. Het bietjie eksamen geskryf, en moes nog ‘n klomp ander goed tussenin doen, so het nie regtig daarby uitgekom nie. Maar dis nou verby, so hier is weer ietsie.

Eintlik is hierdie al ‘n rukkie terug geskryf. Dit was oorspronklik bedoel vir die Kerkbode, in reaksie op twee uitgawes terug se briewe rondom die skepping. Ek is net so moeg vir die hele ding, dat ek lank gevat het om te besluit of ek dit ooit moet instuur, en toe kom die volgende uitgawe al uit voor ek het. Maar ek publish dit maar hier vir wie ookal belangstel.

Verbeel jouself… Ek wonder hoe sou dit wees as ons samelewing godsdienstig bietjie anders gelyk het. As my vriend wat 3 kamers van my af bly die son aanbid het, en nog ‘n ander een bietjie verder weg die maan. ‘n Paar dalk daai rooi ster wat in die aande opkom, en nog ‘n paar die helder een wat so vroeg al sigbaar is. As my kollega by die werk geglo het in die see-god, en my baas ‘n groot berg aanbid het. Ja, en nog ‘n paar ander dinge wat ons onsself vandag nie eens kan verbeel dat mense so kon wees nie.Ek wonder hoe ek dan Genesis 1 sou verstaan? Sou ek gefokus het op hoe vinnig dit gebeur het, of dalk die volgorde waarin dit geskep is, en hoe wetenskaplik moontlik dit is? Sou ek die skep van sterre stelsels en allerhande geografiese formasies daarin raak gelees het? Of sou ek raakgesien het dat my God, het al hierdie ander sogenaamde gode gemaak, en hy het my gemaak, en dit was goed?Ek wonder wat sou ‘n paar Joodse priesters in ballingskap, tussen al hierdie ander volke, gesê het as hulle van ons moderne interpretasies hoor? Ja, of as dit jou beter pas, selfs wat sou Moses gedink het, waar hy Israel tussen al die volke wat oorkant die Jordaan bly ingestuur het?En dan wonder ek sommer of ons nie partymaal die punt bietjie mis met al ons argumente oor Genesis se wetenskaplike korrektheid nie. As ‘n paar Jode van so paar duisend jaar gelede ons gesprek moes hoor, sou hulle nie maar gefrons het, hulle koppe geskud het, en gesê het : “waar val julle uit?” nie?

Hennie, dalk is die vraag nie wat al daai wetenskaplikes van 300 jaar gelede gesê het nie. Dalk moet ons verder terug beweeg, deur die kerkvaders, deur die Nuwe Testament, en probeer uitfigure wat het die Jode gedink. En Sakkie ek hoop regtig ons kan nog dieselfde God aanbid, ten spyte daarvan dat ek al hierdie goed wonder. Dat ons geloof maar liewers staan by ons verhouding met Christus, en nie by ons verstaan van Genesis 1 of 2 nie. Want baie van ons wonder of dinge nie dalk anders was nie, maar ons glo steeds vas in die God wat geskep het.

Advertisements

Comments»

No comments yet — be the first.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: