jump to navigation

Die speletjie word vir haar die metafoor vir haar situasie (Ervaringsleer verhaal) August 28, 2006

Posted by Cobus in Ervaringsleer.
trackback

Wat sou gebeur as ons met hoërskool leerlinge ‘n speletjie speel waar hulle gaatjies in ‘n eier moet maak, en die wit en geel moet skei sonder om aan die eier direk te vat of dit te breek? Elkeen wat in die groep was, en deel van die reviewing was kom met hulle stories, hulle hele self na die gesprek toe. Dit bepaal uiteindelik wat op die tafel gaan kom tydens die gesprek. Die speletjie was bloot die metafoor gewees waarmee hulle gewerk het. En tog vir een jong dame word hierdie die metafoor waarmee sy sin kon maak van haar eie situasie. Want sy sien raak hoe ons partymaal nie klaar met iemand anders deel wat in ons koppe aangaan oor sekere issues nie. Soos wat ons die eier stukkie vir stukkie uitgeblaas het, eers die wit dan die geel, en dit moes klaarmaak, moet ons dit ook in verhoudings met ander mense doen wanneer daar wrywing kom. Ons moet oopmaak, eerlik wees, en met die hele sak patats na vore kom. Ek sou waarskynlik nie daaraan gedink het om hierdie saak aan te raak as sy dit nie op die tafel gesit het nie. En as ek dit vir haar probeer leer het, sou ek heel moontlik misluk het. Maar hierdie metafoor help haar om sin te gaan maak van hoe om ‘n sekere situasie te hanteer, en dan help die prentjie wat sy het haar ook om dit te gaan uivoer. 

En sy kon 18uur later aan die groep terug rapporteer dat sy “nou al die wit en geel uit het”. En het gestraal van geluk, omdat sy ervaar het hoe ‘n gebroke verhouding heel word.

Advertisements

Comments»

1. Tiaan - August 30, 2006

Ek was in die bevoorregde posisie om die ander kant van hierdie geel-wit-eier te sien – die ou oor wie dit gegaan het. Wat interessant was, was dat hy byna dieselfde metafoor gehad het: verhoudings is net so breekbaar soos eierdoppe! Hoe help ‘n mens iemand om iets terug te wen wat verlore is? Hoe help jy iemand om vertroue te herstel? Hoe help jy 2,3,4 mense om ‘n vriendskap van 4 of 5 jaar weer terug te kry nadat dit viciously geskend is? Jy gaan dit nie reg kry deur ‘n oulike lesinkie nie. Hulle gaan self die besluit moet neem, self moet sien wat moet gebeur en hoekom dit moet gebeur. Die bal moet terug gesit word in hulle hande en hulle moet self besluit: so gaan ons speel, eerder as iemand wat in ‘n lesing baie uitgebreid vertel hoe daar volgens hom/haar gespeel behoort te word.

2. johannesburg - March 24, 2014

Thank you for sharing your thoughts. I truly appreciate
your efforts and I will be waiting for your next post thank you once again.

3. 7 sultans mobile - June 18, 2014

you are really a just right webmaster. The web site loading pace is incredible.
It sort of feels that you’re doing any distinctive trick. Moreover, The contents
are masterpiece. you’ve performed a fantastic process in this topic!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: