jump to navigation

Emerging South Africa en Ervaringsleer? Hoekom? August 27, 2006

Posted by Cobus in Emerging Church, Ervaringsleer.
trackback

Die emerging church is nie ‘n sekere groepie skrywers en teoloë, en ons gesprek ‘n bespreking van hulle nie. Die emerging church is deel van wie ons is, en my ervarings van ervaringsleer, en dit wat ek oor die kerk wat ons besig is om te word dink, sluit nogals by mekaar aan. Na ‘n paar jaar van kamp het ek op ‘n punt gekom waar ek ongelukkig, en gelukkig, moes sê dat jongmense regtig baie min van wat in lesings gesê word inneem. En die slim mense by kommunikasiekunde bevestig dit nogals. My ervaring was dat lesings regtig min impak het, kleingroep Bybelstudies en besprekings word bietjie beter, maar verhoudings en ervarings bly maar die ding wat die diepste merk los. Ek onthou die dinge wat gebeur, en die mense wat op my ‘n invloed gehad het. Een baie sterk punt van ervaringsleer, en gesien saam met die gesprekke wat aangaan oor die emerging church, is dat dit die gesprek weer in die hande van die groep sit, i.p.v in die hande van een of ander outoritêre figuur. Die groep kan besluit wat op die tafel gesit word. En dit maak die gesprek vir my soveel meer relevant, want dit gaan nie meer oor sekere uitkomste wat bereik moet word nie, maar oor dit wat vir die groep issues is. Vir baie van ons is ervaringsleer nog maar ‘n eksperiment. Wel ‘n eksperiment waarmee ons baie goeie ervarings gehad het, maar dit bly ‘n eksperiment. So ons weet daar is nog baie wat ons moet en kan leer.

Advertisements

Comments»

No comments yet — be the first.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: